Die Woord vir Vandag

2022-09-12

God is steeds op die troon (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 11:4 NLV

Die Psalmdigter het gevra: 'Wanneer die fondamente van wet en orde inmekaartuimel, wat kan die regverdiges dan doen?' (vers 3 NLV). Dan beantwoord hy sy eie vraag: 'Maar die Here is in sy heilige tempel; die Here se troon is in die hemel...' Wanneer siekte kom, wanneer jou huwelik misluk, wanneer jou kinders ly, wanneer dood toeslaan, wat staan jou te doen? Onthou dat God steeds op die troon is en dat Hy vir jou sorg. Geen detail ontgaan sy aandag of sorg nie. Hy werk volgens 'n plan en dis gewoonlik nie 'n plan wat ons kan verstaan terwyl ons deur moeilike tye gaan nie. Eers wanneer ons later daarop terugkyk, besef ons dat sy goedheid en genade ons al die dae van ons lewens gevolg het (sien Psalm 23:6).

Josef het in die tronk beland. Moses het veertig jaar in die woestyn deurgebring. Daniël het in kettings opgeëindig. Dit was hartseer oomblikke. Wie kon moontlik iets goeds in hulle sien? Wie kon geweet het dat Josef die gevangene net 'n enkele bevordering weg van Josef die eerste minister af was? Wie sou gedink het dat God vir Moses van veertig jaar se opleiding in dieselfde woestyn waardeur hy die mense moes lei, sou voorsien? Wie kon ingedink het dat Daniël die gevangene later die koning se raadgewer sou word?

God voer sy planne so uit. Hy het dit vir Josef, Moses en Daniël gedoen - en Hy sal dieselfde vir jou doen - vertrou dus op Hom. Hy sal vir jou die genade gee wat nodig is om deur die situasie te kom. Wanneer jy vra: 'God, waar is U?' antwoord Hy: 'Ek sal by jou wees en jou beskerm waar jy ook al gaan... Ek sal jou nie verlaat nie, maar doen wat Ek beloof het' (Genesis 28:15 NLV).

Sielskos: Eseg 22-23; Mark 12:1-12; Ps 78:9-16; Spr 20:11-14

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background