Die Woord vir Vandag

2022-10-06

Beveg jou vrese met God se Woord

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 56:4 NLV

Vrees en geloof is beide kragtige magte. Die een waaraan jy toegee, sal jou beheer. Hier is dus 'n paar Skrifgedeeltes om jou te help om jou vrese te beveg: '...Wees sterk en vol moed... Moenie bang wees of moedeloos word... nie. Want die Here God, my God, is met jou. Hy sal jou nie in die steek laat of jou verlaat nie...' (1 Kronieke 28:20 NLV). 'Die Here is my rots, my vesting en my redder, my God, en my rots by wie ek skuil...' (Psalm 18:3 NLV). 'in God stel ek my vertroue. Daarom sal ek nie bang wees nie! Wat kan 'n gewone mens aan my doen?' (Psalm 56:12 NLV). 'Vir slegte tyding is hy nie bang nie; hy is gerus, hy vertrou op die Here' (Psalm 112:7 NLV). 'Wanneer ek loop in 'n donker vallei, sal ek nie bang wees nie, want U is naby my...' (Psalm 23:4 NLV). 'Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie' (Johannes 14:27 NLV). 'Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. As julle so bid, sal julle God se vrede beleef. Hierdie vrede is wonderliker as wat 'n mens ooit kan dink. Omdat julle aan Christus behoort, sal die vrede van God julle harte en gedagtes soos 'n veiligheidswag oppas' (Filippense 4:6-7 NLV). '...Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie...' (Romeine 8:38 NLV).

Beveg dus jou vrese met God se Woord!

Sielskos: 1 Sam 14-15; Joh 1:14-28; Ps 63; Spr 22:17-23

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background