Die Woord vir Vandag

2022-10-07

Jy het genoegsame slaap nodig

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 3:24 NLV

Hoe lyk jou slaapgewoontes? Gaan jy op 'n sekere tyd bed toe en staan op 'n sekere tyd op? Of laat jy toe dat gebeure, mense, spertye of ander omstandighede jou slaapskedule dikteer? As jy wys is, sal jy jouself genoeg tyd toelaat om af te skakel, sodat jy kan slaap wanneer jy in die bed klim.

Ons dink aan slaap as 'n passiewe proses waar jy in die vergetelheid wegdryf en verskeie ure later uitgerus wakker word. Slaap is egter 'n aktiewe proses. Metaboliese en ander herstellende prosesse vind tydens die verskillende vlakke van slaap plaas. As ons nie lank genoeg slaap vir ons sisteme om vernuwe te word nie, irriteer die kleinste dingetjies ons en is ons geneig om te ooreet. Die oortollige hongerpyne is ons liggaam se kreet vir die energie wat veronderstel was om deur 'n goeie nag se slaap voorsien te word. Dawid het gesê: 'Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, laat my veilig woon' (Psalm 4:9 NLV).

Dis moeilik om te slaap wanneer jy drukkende kwessies op die hart het. As jy dus 'in vrede wil gaan lê en slaap,' moet jy jou bekommernisse aan God oorgee en Hom vertrou om dit te hanteer. As jy nie in staat is om dit te doen nie, probeer die volgende: Kry 'n klein houer met 'n deksel, skryf neer wat jou pla, sit dit in die houer, sit die deksel op en plaas dan die houer in jou kas. Deur hierdie eenvoudige daad van geloof, sê jy: 'Here, ek gee dit aan U oor. Wanneer ek more wakker word, sal U vir my die krag en die wysheid gee om dit te hanteer.' Probeer dit; dit werk!

Sielskos: 1 Sam 16-17; Joh 1:29-42; Ps 92; Spr 22:24-25

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background