Die Woord vir Vandag
2019-10-12
Neem die mense wat kan oorlog maak saam met jou
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Wanneer jy geestelik aangeval word, moet jy jou met mense omring 'wat kan oorlog maak.' Hulle is ervare in geestelike oorlogvoering en weet hoe om korte mette met die Vyand te maak. Hulle het strategieë vir oorwinning en 'n hardnekkige geloof wat opstaan en sê: '...As God aan ons kant is, wie kan ooit téén ons wees?' (Romeine 8:31 NLV). Die waarheid is dat die mense wat oorlog kan maak, mense van die Woord is. Hulle weet hoe om die swaard van die gees, wat die Woord van God is, te neem en dit te gebruik om die Vyand te verslaan (sien Efesiërs 6:17). Hulle huiwer nie om na die Vyand se kamp op te mars en alles terug te neem wat hy van hulle gesteel het nie (sien 1 Samuel 30:8). Enigiemand kan jou in die goeie tye ondersteun, maar wanneer jy iemand kry wat jou in die slegte tye kan bystaan, moet jy hulle waardeer en 'n verhouding met hulle bou. Die Bybel sê: '...Jou broer is gebore om jou te help wanneer daar probleme is' (Spreuke 17:17 NLV). Let op - hulle is vir oorlog gebore! Hulle is nie net sterk in geloof nie, hulle is sterk in oorlogvoering. Hulle weet hoe om die troon van genade te benader en die beloftes van God op te eis (sien Hebreërs 4:16). Nadat Josua Jerigo ingeneem het, het God vir hom gesê: 'Jy moenie bang en bekommerd wees nie, jy moet al die manne neem wat kan oorlog maak en jy moet dadelik na die stad Ai gaan. Ek sal jou laat wen teen die koning van Ai en sy manne, en teen sy stad en sy land.' As jy dus vandag in 'n stryd betrokke is, neem die mense wat kan oorlog maak, saam met jou.
Sielskos: 2 Sam 22:31-24:25; Joh 4:13-26; Ps 32; Spr 23:29-35
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






