Die Woord vir Vandag

2019-10-15

Maak dit 'n persoonlike groei ervaring

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Efesiërs 4:15 NLV

Voor jy iemand oor 'n kwessie konfronteer, stop eers en ondersoek jou beweegredes. Is jou doel om hulle te help, of te verneder? Jesus het mense opgehef en herstel en jy moet dieselfde doen. Vra jouself af, sou jy dinge anders benader het as jy nie so persoonlik betrokke was nie? Konfronteer jy hierdie persoon om jouself beter te laat lyk? Om iemand anders te verneder om jouself op te hef, is die laagste vorm van ego-bevrediging. Die digter Kahlil Gibran het gesê: 'Om te verkleineer, moet jy klein wees.' Moenie dit doen nie! Dis 'n teken van onsekerheid. Onthou jy Nehemia se reaksie op diegene wat hom wou ontmoedig om Jerusalem se mure te herbou? '...Ek is met 'n groot taak besig, ek kan nie nou daarmee ophou en julle ontmoet nie' (Nehemia 6:3 NLV). Moenie toelaat dat jou kritici jou spoed breek nie. Moenie meer klem op die opinies van 'n kritikus as op die aanmoedigings van 'n vriend plaas nie. Voor jy iemand anders se lewe onder die mikroskoop plaas, moet jy eers stop en jou eie lewe ondersoek. Stoei jy met dieselfde kwessie, of een wat net so erg is? Het jy sukses behaal in dieselfde area waar jy iemand anders van mislukking beskuldig? Met ander woorde, het jy die reg om aangehoor te word, verdien? Paulus skryf: 'Nee, terwyl ons mekaar liefhet, sal ons by die waarheid bly en so in alle opsigte groei om soos Christus te wees...' Kan dit wees dat die situasie waarin jy jou tans bevind, 'n geleentheid is om jou eie volwassenheid aan te meet en om dit 'n geestelike groei ervaring te maak?

Sielskos: 2 Pet 1-3; Joh 4:27-38; Ps 87; Spr 24:1-4

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background