Die Woord vir Vandag

2019-10-16

Dank God vir jou werk

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 13:4 NLV

Charlie 'Tremendous' Jones vertel die verhaal van 'n man wat gedroom het dat hy 'n miljoen dollar geërf het. In die droom het hy probeer stort, maar die stort wou nie werk nie. Hy het probeer skeer, maar sy elektriese skeermes wou nie skeer nie. Hy het probeer ontbyt maak, maar die ketel wou nie kook nie en die broodrooster wou nie rooster nie. Hy het uitgegaan om die koerant te kry, maar die koerant was nie daar nie. Hy het na die bushalte gegaan om 'n bus werk toe te haal, maar die bus het nie opgedaag nie. Uiteindelik het hy vir iemand gevra: 'Wat gaan hier aan?' Die persoon het geantwoord: 'O, het jy nie gehoor nie? Almal het 'n miljoen dollar geërf en niemand werk meer nie.' Skielik het die man wakker geskrik, besef dat dit net 'n droom was en gesê: 'Dank God!' Toe het hy heerlik gestort en geskeer, 'n wonderlike koppie koffie gedrink en 'n smaaklike stukkie roosterbrood geëet, terwyl hy die interessante koerant gelees het. Uiteindelik het hy 'n gerieflike bus na sy wonderlike werk gehaal! Dank God vandag vir die werk wat Hy vir jou gegee het en doen jou bes daarin. Jou posisie en salaristjek sou heel moontlik 'n droom wat waar geword het vir sommige van jou voorsate gewees het. Jy mag dalk nie vir 'die bediening' geroepe wees nie, maar as jou werk jou van die voorreg voorsien om 'n oplossing vir iemand se probleem te wees en aan jou die waardigheid bied om 'n verskil in die lewe te maak, wees dankbaar. Dink hoe jou lewe daarsonder sou wees. 'Luiaards begeer baie dinge, maar hulle kry dit nie. Mense wat hard werk, het meer as wat hulle kan begeer.'

Sielskos: Nahum 1-3; Joh 4:39-54; Ps 41; Spr 24:5-6

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background