Die Woord vir Vandag
2019-10-17
Wanneer jy lofprys, neem jy God se Woord in
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die waarhede van God se Woord is van generasie tot generasie deur preke, onderwys en boeke oorgedra. Hulle is egter ook deur die lofgesange wat ons in die kerk sing, oorgedra. Wanneer jy hulle sing, verkondig jy die waarheid van God se Woord terwyl jy dit dieselfde tyd ook inneem. Jy groei geestelik deur die Woord wat jy hoor, die Woord wat jy bestudeer, die Woord wat jy spreek en ja, die Woord wat jy sing. Paulus skryf: '...laat die Heilige Gees julle lewe vol maak terwyl julle saam psalms en lofgesange en geestelike liedere sing. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here' (verse 18-19 NLV). Jesus het nie net die Woord gepreek nie, Hy het dit ook gesing: 'Hulle het toe die loflied gesing en uitgegaan na die Olyfberg toe' (Matteus 26:30 NLV). Hoekom plaas die Bybel soveel klem daarop om God se Woord te spreek? Omdat wanneer jy God se Woord hardop lees, jy dit op twee maniere inneem - deur jou oë en deur jou ore. Dieselfde gebeur wanneer jy God se Woord sing. Die lesers van God se Woord moenie op die sangers van God se Woord neerkyk nie en die sangers moenie geestelik minderwaardig teenoor die lesers voel nie. Die belangrikste is om God se Woord in te neem. Sommige van ons doen dit die beste deur 'n preek, ander deur persoonlike Bybelstudie en ander deur lofgesange wat die lewensveranderende waarhede van sy Woord verkondig. Wanneer jy lofprys, neem jy dus God se Woord in.
Sielskos: Hab 1-3; Joh 5:1-15; Ps 15; Spr 24:7
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za






