Die Woord vir Vandag

2019-12-08

Lewe met integriteit

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 10:9 NLV

Daar is diegene wat met integriteit lewe en diegene wat daarsonder lewe. Interessant genoeg word beide groepe beloon. Die eerste groep lewe met 'n blywende sin van God se vrede en sekuriteit, die tweede groep lewe met die konstante vrees dat hulle uitgevang sal word. 'Die opregtheid van eerlike mense wys vir hulle die koers. Die valsheid van onbetroubare mense bring hulle ondergang' (Spreuke 11:3 NLV). 'n Persoon met integriteit voldoen aan hoë morele beginsels in elke area van die lewe. Beteken dit dat jy nooit sal val nie? Nee. 'Selfs al val 'n regverdige mens sewe keer, hy sal elke keer weer opstaan...' (Spreuke 24:16 NLV). Almal val, maar mense met integriteit staan elke keer weer op. God is geduldig; Hy sal saam met jou werk tot jy dit regkry. As jy aan 'n gebrek aan integriteit ly, kan Hy jou lewe ook weer bymekaar sit as jy jouself aan Hom oorgee. Voor hy met die Here gestoei het, was Jakob 'n verneuker en 'n bedrieër (sien Genesis 27:35-36 NLV). Na hy met die Here gestoei het, het hy mank geloop. God sal egter eerder iemand wat mank loop omdat hulle met hulle kwessies gestoei het en dit oorwin het, as iemand wat onder valse voorwendsels lewe, wil hê. Daniël, 'n Jood wat in ballingskap geleef het, het geweier om kos te eet wat nie aanvaarbaar was nie, omdat dit God se wet sou oortree. Josef was alleen, ver van die huis af en eensaam, maar hy het geweier om by sy baas se vrou te slaap. Paulus sê: '...God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word...' (1 Korintiërs 10:13 NLV). God het altyd 'n uitweg en as jy daaraan verbind is om met integriteit te lewe, sal Hy dit aan jou openbaar.

Sielskos: Josh 1:7-8; 2 Tim 3:14-17; Ps 119:1-16

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background