Die Woord vir Vandag

2019-12-18

Uitdagings vir die kerk van vandag

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Efesiërs 3:10-11 NLV

Hier is drie uitdagings waar voor die kerk vandag te staan kom: 1) Ons kan nie 'n nuwe beweging van God ervaar as ons daarop aandring om aan 'n ou een vas te klou nie. 'Die doel hiermee is om nou deur die kerk... te wys hoe allesomvattend die wysheid van God se ewige plan is...' Die woord 'herlewing' beteken dat ons dit wat dood of sterwend is, weer opwek en lewendig maak. 2) Ons vrees oordaad, dus omhels ons middelmatigheid en noem dit balans. Mense word nie na ons toe aangetrek as gevolg van ons spieëlbeelde nie, maar as gevolg van die dinge wat ons uniek maak. Wanneer dit by ons geloof en getuienis kom, moet ons nie die dinge wat God ons gegee wat uitstaan, afskeep of minder maak as wat dit is nie. As ons dit doen, sal mense teleurgesteld wees en elders gaan. Die dissipels het nie in die skare verlore geraak nie; hulle boodskap en die demonstrasie van die krag in hulle boodskap het hulle laat uitstaan. 3) Ons moet spasie maak in die kerk vir diegene wat risiko's neem en in geloof stap. Tydens die eerste wonderwerk waar Jesus water in wyn verander het, het Maria vir die kelners gesê: '...Wat Hy ook al vir julle sê, moet julle noukeurig gaan doen' (Johannes 2:5 NLV). Ons behoefte daaraan om deur mense aanvaar te word en populêr te wees, kan tot 'n godsdienstige gees lei wat die neem van risiko's en die wandeling in geloof belemmer. Jesus het beloof: 'Maar wanneer die Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag ontvang en oral mense eerstehands van My vertel...' (Handelinge 1:8 NLV). Wanneer God dus vir ons sê om 'kerk anders te doen,' laat ons nie bang wees om Hom te gehoorsaam nie.

Sielskos: Sag 9-11; Joh 21:1-14; Ps 12; Spr 31:1-5

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background