Die Woord vir Vandag
2019-12-22
'Undercover boss'
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Daar is 'n gewilde realiteitsprogram op Amerikaanse televisie genaamd 'Undercover Boss.' In die program, vermom die maatskappy se eienaar hom of haar as een van die gewone personeellede en werk dan saam met die personeel. Hy of sy ervaar hulle daaglikse druk en probleme, raak bewus van hulle sterk- en swakpunte en vind uit wat werk en wat werk nie. Sommige van hierdie ontdekkings laat die skille van die baas se oë afval en lei tot groot veranderinge wat die organisasie meer effektief, meer winsgewend en 'n genotvoller plek vir almal om by te werk, maak. 'n Goeie definisie van die woord 'verstaan' is: 'Om in iemand anders se skoene te staan.' Dis wat met die profeet Esegiël gebeur het. Hy skryf: "Ek het by die Judese ballinge gekom wat langs die Kebarrivier bly. Ontsteld en verstom het ek sewe dae lank tussen hulle gesit. Toe die sewe dae verby is, het die Here vir my 'n boodskap gegee. Hy het gesê: 'Mensekind, Ek het jou aangestel om wag te hou oor Israel...'" (verse 15-17 NLV). Wanneer het God vir Esegiël 'n boodskap gegee? Nadat hy sewe dae en nagte saam met mense wat alles verloor het, wat in diepe wanhoop en op soek na antwoorde was, gesit het. Met verwysing na Jesus, sê die Bybel vir ons: 'Hierdie Hoëpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy moes presies dieselfde versoekings as ons trotseer...' (Hebreërs 4:15 NLV). Jou effektiefste bediening aan ander mense kan uit sommige van die ervarings waardeur jy tans gaan, spruit. Die waarheid is dat jou grootste gemors jou grootste boodskap kan word. Laat God dus toe om aan jou te werk, totdat Hy jou op die plek kry waar jy moet wees.
Sielskos: Joh 14:6-11; Hand 4:8-12; Hand 16:22-34; Matt 1:18-21
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







