Die Woord vir Vandag
2019-12-27
Ontwikkel geduld
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Is dit nie interessant dat ons neig om geduldiger te raak soos ons ouer word nie, self al het ons minder tyd oor? Hoekom gebeur dit? Perspektief! Ons probleme het nie veel verander nie, maar ons perspektief het wel. Dinge wat ons eens ontstel het ontstel ons nie meer nie, omdat ons lank genoeg al geleef het om te weet dat sy genade genoeg is vir ons (sien 2 Korintiërs 12:9). Sodra jy besef dat dit nie so 'n groot kwessie is nie - en die meeste dinge is nie - is dit soos water oor 'n eend se rug. In plaas daarvan om te kibbel en te kerm, wat nie werk nie en ons vreugde steel, het ons geleer om te sing: 'Great is Thy faithfulness, oh God my Father; There is no shadow of turning with Thee; Thou changest not, Thy compassions, they fail not; As Thou hast been, Thou forever will be.' Soos Josef, kan jy op tye wat jy gedink het jy nooit gaan oorleef nie terugkyk en sê: 'Wat my betref, het God die kwaad wat julle gedoen het, omgekeer in iets wat goed is...' (Genesis 50:20 NLV). Ja, perspektief produseer geduld: 'Ons is ook trots wanneer ons swaarkry, want ons weet dat wanneer ons swaarkry, dan leer ons om geduldig te wees. En wanneer ons geduldig is, dan wys dit dat ons is soos God wil hê, en wanneer ons is soos God wil hê, dan hoop en weet ons dat God ons sal red. Ons weet ons sal kry wat ons hoop, want God het die Heilige Gees vir ons gegee, en die Heilige Gees maak ons harte vol met God se liefde' (Romeine 5:3-5 ABA). Laat God dus toe om jou geduld te ontwikkel.
Sielskos: 1 Kor 12-14; Matt 2:13-23; Ps 139:13-24; Spr 31:28-29
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







