Die Woord vir Vandag
2019-12-28
Paulus se doring; en joune (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Bybelgeleerdes verskil oor wat Paulus se 'doring' was. Sommige dink dat dit dalk slegte sig kon wees, ander dink dat dit 'n spraakgebrek was, terwyl ander glo dat dit 'n fisiese gebrek was. Hoekom sê die Bybel nie vir ons wat dit was nie? Wel, as sy probleem slegte sig was, dan sou ons gesê het: 'Dit help my nie, want ek het 20/20 visie.' As dit 'n spraakgebrek was, sou diegene met die gawe van kommunikasie nie troos in sy woorde gevind het nie. As dit 'n fisiese gebrek was, sou diegene met goeie gesondheid gedink het dat hulle daarvan vrygestel is. Die rede hoekom die Bybel nie vir ons sê wat dit was nie, mag dalk wees sodat ons kan glo dat dieselfde God wat vir Paulus oorwinning oor sy doring gegee het, ook vir ons oorwinning kan gee - maak nie saak wat jou spesifieke uitdaging of beproewing is nie. Wie is die persoon in jou lewe wat jy as "'n doring in jou vlees" sou beskryf? Wat is die netelige situasie wat jy elke dag by die werk in die gesig moet staar? Jy kan 'n netelige verhouding met iemand hê wat ekstra genade, liefde en gebed verg. Dis hoekom Petrus skryf: 'Sorg liewer dat julle steeds groei in die onverdiende goedheid en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus...' (2 Petrus 3:18 NLV). Elkeen van ons se doring is anders, omdat God dit nommerpas vir ons behoeftes maak. God is meer geïnteresseerd in ons karakter as in ons gemak, daarom gee Hy vir ons 'n sterk rug wanneer ons vir ligter laste bid. Die liedskrywer het gesê: 'He giveth more grace when the burdens grow greater, He giveth more strength when the labors increase; To added affliction He addeth His mercy, To multiplied trials, His multiplied peace.'
Sielskos: 1 Kor 15; Matt 3:1-6; Ps 116; Spr 31:30
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za







