Die Woord vir Vandag

2026-05-02

'n Tong wat deur die Gees beheer word (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Jakobus 3:6 NLV

Luister na dagstukkie

Die Bybel sê: '...'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek. Die tong is ook 'n vuur...' (verse 5-6 NLV). Mense wat in 'n warm klimaat woon, ken die gevaar van verwoestende bosbrande wat deur woestynwinde aangedryf word. 'n Enkele vonk van 'n vuurhoutjie het al baie verwoestende brande begin. Hierdie soort vuur versprei vinniger en verder as wat ons ooit kan dink, vernietig huise en besighede ter waarde van miljoene rande en laat 'n verskroeide landskap en verwoeste lewens agter.

Hoeveel reputasies is al deur so 'n sorgelose woord verwoes? Die impak van ons woorde versprei wyd en vinnig, veral in hierdie digitale era waarin ons leef. 'n Woord wat getwiet word, kan binne sekondes oor die hele wêreld hertwiet word. Soos 'n vuur, kan daardie woord buite beheer raak en onherstelbare skade aanrig. Daarom het Jakobus geskryf: '...geen mens kan die tong tem nie' (vers 8 NLV).

God kan dit egter doen. 'Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg... selfbeheersing...' (Galasiërs 5:22-23 NLV). Die Heilige Gees kan 'n tong wat skinderstories versprei in een wat God verheerlik, verander. Hy kan 'n tong wat bitterheid spoeg neem en dit in een wat seën spreek, verander.

Om te skinder is om iets agter iemand se rug te sê wat jy nooit in daardie persoon se gesig sou sê nie. Om te vlei is om iets in iemand se gesig te sê wat jy nooit agter daardie persoon se rug sou sê nie. Albei is egter verkeerd. Laat ons dus saam met die Psalmdigter bid: 'Mag die woorde van my mond... vir U aanneemlik wees...' (Psalm 19:15 NLV).

Sielskos: Deut 5-7; Matt 6:19-34; Ps 37:8-15; Spr 11:27-29

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background