Die Woord vir Vandag
2026-05-12
Wanneer jy na geselskap verlang
Geskryf deur Bob and Debby Gass
God het ons behoefte na geselskap erken toe Hy gesê het: '...Dis nie goed dat die mens alleen is nie... die Here God [maak] 'n vrou en bring haar na die mens toe' (verse 18, 22 NLV). Die meeste van ons is sosiale wesens wat op ons beste funksioneer wanneer ons in ander mense se geselskap is. Ons kry energie en ondersteuning van hulle.
Daar is egter mense wat skaam voel om te erken dat hulle eensaam is. Hulle smag na mense om hul lewens mee te deel, maar voel dat hulle moet voorgee dat hulle niemand nodig het nie. Jy moet nie skaam voel omdat jy liefde en sosiale konneksie wil hê nie. Dit verg moed om jou begeerte na geselskap te erken en 'n stap te neem om betrokke by mense te raak.
Probleme begin egter ontstaan wanneer jou behoefte aan geselskap jou begin beheer. Wanneer jy jou waardes in gevaar stel om aanvaar te word, is die gevolg altyd negatief. Om aan ander mense vas te klou sonder om te verstaan wie hulle is of wat hulle verteenwoordig, is ongesond. Wyse besluite oor verhoudings moet nooit met 'n gemoed wat deur vrees vir eensaamheid of desperaatheid beheer word, geneem word nie. As dit is waar jy jouself vandag bevind, is dit beter om eerder vir nou enkellopend te wees. Dit hoef net tydelik te wees.
Doen dus hierdie drie dinge: 1) Vra God om jou te lei: 'God gee aan die eensame 'n tuiste...' (Psalm 68:7 NLV). 2) Leef volgens die waardes wat jy wil hê jou geliefde ook moet hê. 3) Moenie toelaat dat jou onvervulde behoeftes jou soeke na geselskap lei nie, maar eerder deur dit wat jy het om te gee en met ander te deel.
Sielskos: Deut 30:1-32:28; Matt 10:1-10; Ps 62; Spr 12:18-19
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




