Die Woord vir Vandag

2026-07-24

Jy benodig meer van die Heilige Gees (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Johannes 14:26 NLV

Luister na dagstukkie

Jesus het gesê: '...wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom... sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.' Wanneer jy 'n belangrike besluit moet neem, het jy '...geestelike wysheid en insig...' (Efesiërs 1:17 NLV), nodig. Wanneer jy in 'n moeilike situasie is en onseker is oor wat om te sê: '...Sê maar net wat God in daardie uur vir julle sal gee om te sê. Julle sal wel die woorde uitspreek, maar eintlik is dit die Heilige Gees wat deur julle praat' (Markus 13:11 NLV).

Wanneer jy dit moeilik vind om liefde te betoon? 'Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde...' (Galasiërs 5:22 NLV). Dieselfde geld vir elke vrug van die Gees. Moet jy 'n verslawing oorkom? 'Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg... selfbeheersing...' (verse 22-23 NLV). Selfbeheersing is eintlik 'n oksimoron, want dit kom nie van jouself af nie. Dis die Gees wat dit voorsien, dus is dit eintlik Geesbeheersing. Jy het meer van die Heilige Gees nodig.

Die Gees van God wil jou nie net vul nie; Hy wil jou ook uitdaag en jou kapasiteit vergroot. As jy voel of jou lewe vandag in chaos en wanorde is, is die Gees van God - net soos Hy aan die begin van die skepping was toe Hy lig uit die duisternis, orde uit chaos en skoonheid uit niks voortgebring het (sien Genesis 1:1-3), steeds daar. Maak nie saak watter vraag jy het nie, die Heilige Gees is die antwoord. Maak nie saak watter probleem jy in die gesig staar nie, die Heilige Gees is die oplossing. Jy het soveel as moontlik van Hom nodig, dus moet jy soveel as moontlik van jouself aan Hom oorgee.

Sielskos: Esra 3-5; Matt 28:1-10; Ps 42:1-5; Spr 19:12-14

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background