Die Woord vir Vandag
2026-08-05
Jy is nie alleen nie, God is by jou!
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die Bybel sê: 'Josua was in die omgewing van Jerigo toe hy skielik 'n man voor hom sien staan met 'n swaard in sy hand. Josua het na hom toe gegaan en vir hom gevra: 'Is jy ons vriend of ons vyand?' 'Nie een nie,' sê die man, 'ek is die aanvoerder van die hemelse leër. Ek is nou hier vir julle.' Josua het op die grond neergeval in aanbidding. Hy vra vir die man: 'Wat wil Meneer vir sy dienaar sê?' Die leëraanvoerder van die Here se mag sê toe vir Josua: 'Trek uit jou skoene. Jy staan op 'n heilige plek.' Josua het so gemaak' (verse 13-15 NLV).
Die boodskap hier is onmiskenbaar: Jerigo mag dalk sy mure hê, maar jy, Josua, het meer. Jy het God. Hy is by jou. Is dit nie presies wat jy nodig het nie - om te weet dat God naby is, dat jy nooit alleen is nie en dat die Here jou in jou donkerste uur, in jou diepste vrae, nooit sal verlaat nie?
Dawid het gesê: 'Here, U alleen is my erfenis, my beker van seën. U waarborg my lotsbestemming... Ek prys die Here wat my insig gee... Die Here is altyd by my. Ja, Hy is aan my regterhand, daarom sal ek nie struikel nie. Hieroor is my hart vol vreugde. Ek besing sy lof en rus in veiligheid' (Psalm 16:5-9 NLV).
Staan jy voor 'n uitdaging van Jerigo-proporsies? Doen dan wat Josua gedoen het: 'En toe Josua by Jerigo was, slaan hy sy oë op en kyk... daar staan 'n man teenoor hom met sy ontblote swaard in sy hand...' (Josua 5:13 KAB23). Jy het lank genoeg na die probleem gekyk. Slaan nou jou oë op na die probleemoplosser - Jesus!
Sielskos: 1 Kro 16-18; Mark 3:20-35; Ps 119:1-8; Spr 20:15-18
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







