Die Woord vir Vandag
2026-08-21
Die grootste oomblik in jou lewe is nou
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die grootste oomblik in jou lewe is nou. Nie omdat dit aangenaam of gelukkig of maklik is nie, maar omdat dit die enigste oomblik is wat jy het. Elke oomblik in die verlede is onherroeplik verby. Dit kom nooit terug nie. As jy in die verlede leef, verloor jy jou lewe. Die toekoms is altyd iewers daar buite. Jy kan 'n ewigheid vir môre wag of jou oor môre bekommer. As jy in die toekoms leef, sal jy ook jou lewe verloor.
Hierdie oomblik is God se onvervangbare geskenk aan jou. Bowenal is dit hierdie oomblik wat saak maak, want God is in hierdie oomblik. As jy enigsins by God wil wees, moet jy nou by Hom wees - in hierdie oomblik. Daarom sê die Psalmdigter: 'Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.' Daarom het die profeet Jeremia gesê dat mens altyd op God se genade kan vertrou, want '...Dit is elke oggend nuut' (Klaagliedere 3:23 NLV). Daarom het die apostel Paulus gesê: 'Wees dus baie versigtig hoe julle lewe... Benut elke geleentheid... probeer uitvind wat God se wil is' (Efesiërs 5:15-17 NLV).
Frederick Buechner het geskryf: 'Morning, afternoon, evening - the hours of the day, of any day, of your day and my day. The alphabet of grace. If there is a God who speaks anywhere, surely He speaks here: through waking up and working, through going away and coming back again, through people you meet and books you read, through falling asleep in the dark.' Dit alles beteken net een ding - die grootste oomblik in jou lewe is nou.
Sielskos: 2 Kro 35-36; Mark 7:24-37; Ps 119:113-120; Spr 22:1-3
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







