Die Woord vir Vandag
2026-01-07
Drie stappe om depressie te oorkom
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Elia het so depressief geword dat hy wou doodgaan. Hier is die drievoudige voorskrif wat God vir hom gegee het om uit sy gat van depressie te klim:
1) Verfris jouself. '...'n engel het hom aangeraak en gesê: 'Staan op en eet!' Hy kyk op en dáár sien hy 'n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en 'n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê' (verse 5-6 NLV). Elia was uitgeput. Hy het pas vir 'n lang tydperk gevas en sy liggaam was verswak. Voldoende rus en 'n gebalanseerde dieet kan wondere vir jou lewe doen.
2) Fokus op God. Wanneer jy jou oë van God afneem en op jouself fokus, begin elke moeilikheid waarvoor jy te staan kom groter lyk as wat dit is. Jy begin om die Een wat elke probleem wat jy teëkom kan oplos, te ignoreer. God het vir Elia gesê: 'Kom buitekant toe en gaan staan voor My op die berg...' (vers 11 NLV). Een prediker merk op: 'Wanneer God jou oor het, kan Hy daarin praat. Wanneer God jou hart het, kan Hy dit versorg.'
3) Gee aandag aan ander. God het vir Elia gesê: '...jy [moet] Gasael salf tot koning van Aram. Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel. Jy moet ook Elisa... salf om jou as my profeet op te volg' (verse 15-16 NLV). Miskien moet jy iemand vind wat jy kan help en kan dien. Jy is nie die enigste een wat probleme het nie; daar is mense in erger situasies as jy. As jy wil sien hoe die waas van depressie verdwyn, hou op om na binne te kyk en begin na buite te kyk.
Sielskos: Lev 11:1-13:37; Luk 1:57-66; Ps 42:6-11; Spr 1:24-28
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za




