Die Woord vir Vandag

2026-01-19

Verlossing is 'n gawe

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Efesiërs 2:8 NLV

Luister na dagstukkie

Jack Welch, wat die General Electric-maatskappy deur van sy winsgewendste jare gelei het, het 'n boek genaamd Winning geskryf. Hy het baie van die verskillende vrae wat mense hom gereeld gevra het en sy antwoorde daarop geneem en 'n boek oor bestuursbeginsels geskryf. Een vraag was: 'Dink jy jy sal hemel toe gaan wanneer jy sterf?' In reaksie hierop het Jack 'n paar van die foute wat hy in besigheid en in die lewe gemaak het, insluitend twee egskeidings, genoem. Toe het hy gesê: 'Dus, wat die hemel betref, wie weet? As daar egter enige punte toegeken word vir omgee oor ander mense en om alles elke dag uit die lewe te probeer put, dan dink ek dat ek dalk 'n kans staan!'

Om hemel toe te gaan gaan egter nie daaroor om vir mense om te gee en om elke dag die lewe aan te gryp nie. Dit gaan daaroor om jou vertroue in Jesus Christus te plaas - en in Hom alleen. Miskien is dit moeiliker vir suksesvolle sakelui as vir ander mense om hierdie waarheid te verstaan, omdat hulle eie dryfkrag, visie en energie hulle gehelp het om sukses te behaal.

Wanneer dit egter by die hemel kom, tel daardie eienskappe nie. Niemand verdien die hemel nie; dit is 'n gawe. 'Want wat die sonde uitbetaal, is die dood. Maar God se genadegeskenk is die ewige lewe wat ons deel word deur Christus Jesus ons Here!' (Romeine 6:23 NLV). Hebreërs 6:4 (NLV) noem dit '...die wonderlikheid van God se geskenk...' Die apostel Paulus skryf: 'Dit is mos dié onverdiende goedheid wat julle gered het toe julle tot geloof gekom het. En julle geloof kom nie uit julleself nie, maar is 'n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie' (Efesiërs 2:8-9 NLV).

Sielskos: Dan 5-7; Luk 4:1-13; Ps 89:1-14; Spr 2:20

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background