Die Woord vir Vandag
2026-01-20
Jou beloning in die hemel
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Die historikus Edward Gibbon het die vinnige vooruitgang van die Christendom in die dae van die Romeinse Ryk nagespoor en vyf redes daarvoor opgemerk: 1) Die ywer van die vroeë Christene. 2) Die krag van wonderwerke. 3) Die suiwer beginsels van die Christene. (4) Die kompakte kerkorganisasie. 5) Die geloof in toekomstige belonings.
Die Bybel praat dikwels oor ons beloning in die hemel. Hier is 'n paar voorbeelde daarvan: 'Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel...' (verse 11-12 AFR83). 'Die Seun van die mens gaan saam met sy engele kom. Hy sal beklee wees met dieselfde heerlikheid as sy Vader en sal elkeen volgens sy dade vergeld' (Matteus 16:27 AFR83). '...as enigiemand vir julle 'n beker water gee omdat julle van die Messias se mense is, sal God hom daarvoor beloon' (Markus 9:41 NLV). 'Laat niemand julle van jul prys beroof nie...' (Kolossense 2:18 AFR53). '...Kyk, Ek kom gou! My loon kom saam met My om almal te beloon volgens wat hulle gedoen het' (Openbaring 22:12 NLV).
Hier is die volgorde van gebeure: Die Here sal afkom aarde toe, die dooies in Christus sal opgewek word, die verlostes wat nog op aarde leef sal saam met hulle weggeraap word en ons sal ons verheerlikte liggame en ons ewige belonings ontvang. '...Dié vuurtoets sal elkeen se werk beproef - of dit standhou. Die mense wie se bouwerk standhou, sal deur God beloon word' (1 Korintiërs 3:13-14 NLV). '...Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd' (1 Korintiërs 15:58 NLV).
Sielskos: Dan 8-10; Luk 4:14-30; Ps 89:15-37; Spr 2:21-22
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseën het by gospel@radiokansel.co.za




