Die Woord vir Vandag

2019-06-08

Jou vergifnis is gewaarborg

Geskryf deur Bob and Debby Gass

1 Johannes 1:9 DB

Ten spyte van ons beste voornemens en pogings, voldoen geeneen van ons aan God se vereistes nie (sien Romeine 3:23). Wat is dus die antwoord? 'Ja-nee, moet my nie verkeerd verstaan nie: as ons wil voorgee dat ons nooit sonde doen nie, slaan ons die bal heeltemal mis. Wie dit sê, praat nie die waarheid nie. As ons egter voor God erken dat ons foute gemaak het en nooit weer dieselfde foute wil maak nie, sal God van sy kant af heeltemal van ons sondes vergeet. Hy sal ons ook geestelik skoon was van alles waarvan Hy nie hou nie. Glo dit maar, want God bly getrou aan sy beloftes en doen wat reg is' (1 Johannes 1:8-9 DB). God se vergifnis werk as volg: Bewustheid van sonde lei tot oortuiging van sonde, oortuiging van sonde lei tot belydenis van sonde, belydenis van sonde lei tot die reiniging van sonde, en die reiniging van sonde lei tot vrymoedigheid voor God (sien 1 Johannes 3:21-22). Jy sê: 'Ek voel nie waardig om God se vergifnis te ontvang nie.' Jy sal dit nooit waardig wees nie! God se vergifnis word nie op jou waardigheid gebaseer nie, maar op Christus s'n! Verder is God nie soos jou ouers nie; Hy dring nie daarop aan dat jy vir 'n paar dae ongemaklik en ongelukkig moet wees sodat jy jou les leer voor Hy jou vergewe nie. Dit sal beteken dat jy 'n rol daarin het om sy vergifnis te verdien. Nee, sy vergifnis vind deur genade en slegs deur genade plaas (sien Efesiërs 2:8-9). 'Genade' beteken 'onverdiende guns.' Wanneer God jou dus vergewe, eer Hom deur jouself te vergewe en aan te beweeg.

Sielskos: 2 Kon 13-15; Mark 13:1-11; Ps 143; Spr 13:9-10

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background