Die Woord vir Vandag

2019-06-09

Die regte houding teenoor kwaadwilliges

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Psalm 37:3 NLV

Die media bombardeer ons met stories van kwaadwilliges soos pedofiele wat op kinders jag maak of gewetenlose finansiers wat bejaardes misbruik. Net wanneer jy nie dink dat dit erger kan word nie, word dit! Wat staan jou dus te doen? 1) Bel die owerhede en strewe aardse geregtigheid ten volle na. 2) Bid vir hulle. Jesus het gesê: 'Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak' (Lukas 6:28 NLV). 3) Besluit om nie soos hulle te wees nie. 4) Besef dat God eendag elke verkeerde daad sal regstel. 5) Behou jou vrede en bly op God gefokus. 'Moenie jou energie mors om heeltyd oor slegte mense te praat nie... Moenie op hulle jaloers wees nie... Slegte mense sal die een of ander tyd verdwyn. Net mense wat in die Here glo, sal dan oorbly. Die land sal aan hulle behoort. Die Here weet wat in sy kinders se lewe aangaan. Hy help hulle. Hy sorg altyd vir hulle. Wat hulle geërf het, behou hulle vir altyd. Wanneer almal rondom hulle swaarkry, sal hulle genoeg hê om van te leef. As ander honger ly, sal hulle genoeg hê om hulle versadig te eet. Maar die Here se vyande sal in rook en vlamme vergaan. Mense wat sonder God leef, sal tot niet gaan. Mense wat sonder God leef, leen geld by ander, maar betaal dit nooit terug nie. Goeie mense kry ander mense jammer en help hulle. Mense met wie die Here tevrede is, sal eendag alles op die aarde besit... Die Here bepaal wat in die lewe van mense gebeur met wie se optrede Hy tevrede is... As hulle op die grond neerslaan, bly hulle nie lê nie. Die Here kom buk by hulle en tel hulle weer op.' (Psalm 37:1-24 NLV).

Sielskos: Lev 23:15-22; Hand 2:1-18

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background