Die Woord vir Vandag
2019-06-10
Jy sal deur die storm kom
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Daar is tye wat dit voel of God ontoeganklik is. Wanneer jy in jou huidige omstandighede bid, voel jy verlate. Nie net verlate nie, maar vreesbevange en selfs hopeloos. Paulus het daardie gevoel verstaan. Hy het gesmag na 'n geleentheid om in Rome te gaan preek en was onderweg daarheen toe 'n orkaan sy skip vernietig het. Paulus het voorsien dat nie net die skip en die vrag verlore sou gaan nie, maar dat hulle ook hulle lewens sou verloor (sien vers 10). Hy het die bemanning van die dreigende tragedie probeer waarsku, maar sy woorde is deur die mense in beheer verontagsaam. In kort, is Paulus en 276 ander mense in 'n lewensgevaarlike posisie geplaas en daar was niks wat hy daaraan kon doen nie. Hy en sy gelowige metgeselle het wanhopig gevoel en verklaar, 'Uiteindelik is alle hoop laat vaar dat ons gered sou word.' Na veertien dae wat hulle op see verlore was - toe die orkaan op sy ergste gewoed het - het God 'n engel gestuur. '...Hou op bang wees, Paulus... om jou ontwil spaar God almal wat hier saam met jou op die skip is' (vers 24 NLV). Hulle was koud, nat en honger toe hulle skip uiteindelik op 'n eiland suid van Italië strand. Elke omstandigheid het op tragedie en die verlies van Paulus se droom om in Rome te gaan preek, gedui. Toe die son egter die volgende oggend oor die eiland van Malta opkom, het dit duidelik geword dat God hulle getrou deur die storm na die presiese bestemming wat Hy vir hulle in gedagte gehad het, gestuur het. Paulus sou na Rome gaan en God se Woord voor Caesar verkondig! Hou dus moed - jy sal deur die storm kom!
Sielskos: 2 Kon 16:1-18:16; Mark 13:12-23; Ps 80:1-11; Spr 13:11-12
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






