Die Woord vir Vandag

2022-08-25

Ontwikkel vreugde (2)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Johannes 17:13 NLV

Hier is nog twee maniere om die vlak van jou vreugde te verhoog:

1) Begin om ander mense te dien. Solank as wat jy geregtig daarop voel dat ander mense jou behoort te dien, sal jou vreugdesvlakke maar laag bly. Jesus het gesê dat jy lewe in oorvloed sal kry wanneer jy jou lewe aan ander wy (sien Markus 8:35). Paulus herinner ons: '...Julle moet weet dat die Here goeie dinge sal teruggee vir almal wat goeie dinge doen...' (Efesiërs 6:8 ABA). Die gelukkigste mense is gewoonlik te besig om ander mense te help om hulself af te vra: 'Is ek gelukkig?' Vind 'n saak wat groter as jou selfbelang is en wy jouself daaraan toe. As jy dit doen, sal jou nalatenskap groter as jou lewensduur wees.

2) Deel jou geloof met iemand. 'Net so is daar blydskap onder God se engele as net een sondaar tot inkeer kom' (Lukas 15:10 NLV). Jou grootste vreugde in die lewe sal die gevolg wees wanneer jy op Christus as jou Redder vertrou. Jou tweede grootste vreugde sal wees wanneer jy ander mense aan Hom voorstel. Wanneer jy jou geloof met iemand deel, mag hulle dalk nie dadelik reageer nie, maar jy het steeds die saad van God se Woord in hulle lewe gesaai. Later, wy hulle hul lewe aan Christus toe. Jy mag dit dalk nie eens weet nie. Verbeel jou egter dat hulle jou in die hemel raakloop en sê: 'Ek wil jou bedank dat jy die tyd geneem het om jou geloof met my te deel. Ek is hier omdat jy genoeg omgegee het om my van Jesus te vertel.' Jy sê: 'Ek het my vreugde verloor.' Vraag: Wanneer laas het jy jou geloof met iemand gedeel of hulle na Christus gelei?

Sielskos: Rig 12-15; Mark 7:24-37; Ps 119:121-128; Spr 18:13-20

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background