Die Woord vir Vandag
2022-08-27
Hou aan bid vir jou 'probleemkind'
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Wanneer jy elkeen van jou kinders op dieselfde manier grootmaak en een van hulle draai in 'n probleemkind uit, wat staan jou te doen?
1) Bid vir wysheid. 'Met wysheid word 'n huis gebou. Insig is nodig om dit te onderhou' (Spreuke 24:3 NLV). Moenie obsessief oor een kind raak en die ander afskeep nie. Konsentreer minder op jou probleemkind. In plaas daarvan om hulle aanhoudend te probeer regruk, geniet al jou kinders en kyk hoe dinge verbeter.
2) God het nie twee sneeuvlokkies dieselfde gemaak nie, ook nie twee kinders nie. Sommige probleemkinders ontwikkel net teen 'n ander pas en op ander maniere; gee hulle dus tyd.
3) Baie families het 'n probleemkind wat ons ongemaklik maak omdat hulle nie dinge soos die res van die familie doen nie. Wat staan jou te doen? Aanvaar dit van hulle waarvan jy nie hou nie, totdat God hulle óf verander, óf die familie leer om volwasse, onvoorwaardelike, nie-beherende liefde teenoor hulle te hê.
4) Doen jou bes en vra God om die res te doen. Die profeet Samuel se seuns het nie in sy voetspore gevolg nie: 'Hulle was egter ingestel op eie gewin en omkopery, en selfs in die regspraak wat hulle korrup' (1 Samuel 8:3 NLV). Ja, dit was vernederend en teleurstellend, maar geen klag van ouerlike versuim kon op Samuel se drumpel gelê word nie. Hy was een van die mees godsvresende mense wat ooit geleef het, maar tog het sy seuns gekies om nie in sy voetspore te volg of sy waardes te omhels nie.
5) Hoe disfunksioneel jou kind ook al mag wees, hulle grootste bate is 'n ouer wat deur geloof, nie deur hulle te probeer regmaak nie, reageer; wat bid, nie indring nie; en wat uit God se pad uit kom en Hom toelaat om aan die werk te spring.
Sielskos: Rig 19:16-21:25; Mark 8:14-26; Ps 119:137-144; Spr 18:22-24
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




