Die Woord vir Vandag
2022-09-10
Drie dinge wat 'n leier nie moet doen nie
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Hier is drie dinge wat jy as leier nie moet doen nie: 1) Jy moenie bang wees om iets nuuts te probeer nie (sien Jesaja 43:19). Wanneer jy iemand in 'n nuwe rol plaas, is dit onvermydelik dat hulle gaan foute maak, maar dis hoe hulle leer. Om 'n leier te wees beteken dat jy die risiko neem dat hulle gaan misluk en dat jy op jou lip byt wanneer hulle wankelend die onbekende aandurf. Soos 'n ouer wat harder bid wanneer hul tiener die gesinsmotor die eerste keer bestuur, moet jy aanvaar dat die uitdagings wat jou bang maak, vir ander mense bevrydend is.
2) Jy moenie individuele lojaliteit met spanbou verwar nie (sien 1 Korintiërs 3:9). Dis goed om nou saam met sleutelpersone te werk, maar dis ook belangrik om aan mekaar verbind te bly (sien Romeine 12:5). Jy moet seker maak dat almal 'n plek in die span kry, gewaardeer voel en leer hoe om met mekaar om te gaan.
3) Jy moenie mense probeer 'micromanage' nie (sien 2 Korintiërs 7:16). Daar is 'n verskil om mense te bestuur en om hulle te lei. Om mense te bestuur verg 'n oog vir detail, maar om hulle te lei beteken dat jy jou visie met hulle deel, saam met hulle doelwitte stel en hulle motiveer. Wanneer jy bestuur eerder as om te lei, daal die moraal, want mense benodig duidelike doelwitte en die vryheid om uit te vind hoe om dit te bereik. Moenie 'micromanage' nie; dit verminder die gevoel van eienaarskap wat diegene onder en rondom jou vir goeie spandinamika en probleemoplossing nodig het. President Eisenhower het eenkeer gesê: 'Trek die tou en dit sal jou volg waar jy ook al wil hê dit moet gaan. Druk dit en dit sal nêrens heen gaan nie.'
Sielskos: Eseg 20-21; Mark 11:27-33; Ps 78:1-8; Spr 20:7-10
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




