Die Woord vir Vandag

2019-10-10

Jy moet duidelike doelwitte vir jou lewe hê

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Filippense 3:14 NLV

Die tydskrif Life het in 1972 'n storie oor die wonderbaarlike avonture van John Goddard gepubliseer. Toe hy vyftien jaar oud was, het Goddard se ouma gesê: 'As ek dit maar net gedoen het toe ek jonk was.' John was vasbeslote om nie dieselfde stelling aan die einde van sy lewe te maak nie en het toe 127 doelwitte vir sy lewe neergeskryf. Hy het tien riviere genoem wat hy wou verken en sewentien berge wat hy wou uitklim. Hy wou 'n wêreldreisiger en 'n vlieënier word. Ook op sy lys was om 'n perd in die Rose Bowl parade te ry, in 'n duikboot te duik, Marco Polo se spoor na te loop, die Bybel van voor tot agter deur te lees en die hele Encyclopedia Britannica te lees. Hy het ook beplan om die werke van Shakespeare, Plato, Dickens, Socrates, Aristotel en verskeie ander klassieke skrywers te lees. Hy wou graag die fluit en viool leer speel, trou, kinders kry (hy het vyf kinders gehad), 'n dokter word en as sendeling vir sy kerk dien. Klink dit onmoontlik? Op die ouderdom van sewe-en-veertig het hy 103 van sy 127 doelwitte bereik! Jou lys van doelwitte mag dalk nie so uitgebrei soos syne wees nie, maar as jy nie ten minste 'n paar doelwitte vir jou lewe het nie, sal jy min motivering hê om in die oggend op te staan en min bevrediging hê wanneer jy in die aand jou kop op jou kussing neerlê. Tensy jy iets probeer wat jy nog nie voorheen bemeester het nie, sal jy nie groei nie. Stel dus jou doelwitte in gebed saam en werk elke dag, met God se hulp, daarnatoe.

Sielskos: 2 Sam 17:14-19:43; Joh 3:22-36; Ps 89:38-52; Spr 23:19-21

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background