Die Woord vir Vandag
2019-10-26
Jou verantwoordelikheid eindig nie by die graf nie
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Baie mense is huiwerig om 'n testament op te stel. Op 'n onbewustelike vlak vrees hulle dat sodra hulle dit doen, hulle enige oomblik sal sterf. Dis egter nie 'n Bybelse beginsel nie. In die Skrif is een van God se beloftes aan ons 'n lang lewe: 'Hy wat ontsag het vir die Here, maak sy lewe langer...' (Spreuke 10:27 NLV). Met dit in gedagte, is daar 'n belangrike vraag wat jy kort voor lank moet beantwoord. As jy môre sou doodgaan, sal jou geld, jou huis, jou meubels, jou klere en jou waardevolle items na die mense toe gaan wat jy bedoel het wat dit moet kry? Is jy seker? Die beste manier om seker daarvan te wees is om nou, terwyl jy in goeie gesondheid en by jou volle verstand is, neer te skryf wat jy aan wie wil nalaat. Dink ook aan jou likiede bates. Wil jy 'n sekere bedrag aan jou familie, of jou kerk, of 'n bediening of liefdadigheidsorganisasie waarin jy glo, nalaat? As jy dit wil doen, skakel 'n prokureur en spel dit duidelik in 'n wetlike dokument uit. Moenie 'n gemors wat meer werk vir die howe, meer belasting vir die regering en 'n nalatenskap van teleurstelling en verwarring vir jou geliefdes beteken, agterlaat nie. Die Bybel sê: "'n Goeie mens laat iets na vir kleinkinders..." Jou verantwoordelikheid eindig nie by die graf nie. Inteendeel, as Jesus se vergelyking van die talente ons enigiets geleer het, is dit dat jy volgens wat jy gedoen het met dit wat in jou lewe aan jou toevertrou is, geoordeel sal word (sien Matteus 25:15). Moet dus nie uitstel nie - hanteer dit dadelik.
Sielskos: 1 John 1:1-3:10; Joh 7:14-24; Ps 104:19-26; Spr 24:28
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






