Die Woord vir Vandag

2023-10-17

God se plan met jou geld

Geskryf deur Bob and Debby Gass

2 Korintiërs 9:11 NLV

'n Pastoor het vir sy gemeente gesê: 'Die goeie nuus is dat ons vanoggend genoeg geld hier het om 'n nuwe kerk te bou.' Toe het hy bygevoeg: 'Die slegte nuus is dat dit steeds in julle sakke is!' Sommige van ons het grootgeword met die idee dat dit verkeerd is om God vir geld te vra, omdat dit 'n teken van gierigheid en selfsug is. Dit kan wees, maar dit hoef nie so te wees nie.

Wanneer jy bid: 'Here, seën my finansieel sodat ek kan bydra vir u werk en u planne kan vervul,' is jy in die regte geestelike lyn met God. Die plofbare groei van die Nuwe Testamentiese kerk was deels te danke aan sommige Christene wat bereid was om hul bates te verkoop om die wil van God te finansier. Barnabas was een van hulle. 'Hy het sy grond verkoop en die geld vir die apostels gebring...' (Handelinge 4:37 NLV). Barnabas was egter nie die enigste een nie: '...gelowiges wat grond of huise besit het, het dit verkoop en die opbrengs daarvan gebring en vir die apostels gegee...' (verse 34-35 NLV).

Skriftuurlik gesproke is die volgende 'n opsomming van wanneer dit by geld kom: As jy God eer, sal Hy jou eer en wanneer jy sy werk eerste stel, sal Hy jou werk seën. Jesus het gesê: 'Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle heel eerste prioriteit, dan sal God vir julle al hierdie ander dinge as 'n bonus byvoeg. Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie...' (Matteus 6:33-34 NLV). Hier is God se wil vir jou: 'In elke opsig sal julle ryk gemaak word om ook by elke geleentheid vrygewig te kan wees...' (2 Korintiërs 9:11 NLV).

Sielskos: 2 Sam 3:22-7:17; Joh 4:13-26; Ps 100; Spr 23:22-28

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background