Die Woord vir Vandag
2023-10-18
Gees-vervulde lewens
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Tydens die oomblik van bekering, gee ons ons ou lewe aan God en Hy gee vir ons 'n nuwe lewe in die plek daarvan. Hy doen egter meer; Hy kom leef binne-in ons deur die krag van sy Heilige Gees.
Paulus het die kontras gemaak tussen dronk van wyn word en vervul met die Gees word. Die een is teenproduktief, terwyl die ander produktief is. Die een maak jou magteloos, terwyl die ander jou bemagtig. Die een bring vir jou hartseer, terwyl die ander een vir jou vreugde bring. Hierdie Skrifgedeelte is nie 'n belofte of selfs 'n opsie nie, dis 'n bevel: '...Nee, laat die Heilige Gees julle lewe vol maak'. Paulus gee ons drie bewyse van 'n Gees-gevulde lewe:
1) '...Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here' (vers 19 NLV). Hierdie lied vind nie as gevolg van omstandighede plaas nie, maar ten spyte daarvan. 'Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing... Al die tronkdeure het oopgevlieg en al die gevangenes se kettings het losgekom!' (Handelinge 16:25-26 NLV). Jy kan deure oopmaak en kettings breek wanneer jy God loof.
2) 'Sê altyd in die Naam van ons Here Jesus Christus vir God die Vader dankie vir alle dinge' (Efesiërs 5:20 NLV). Gees-vervulde mense het ook probleme. Hulle fokus egter nie op hulle probleme nie; hulle tel hul seëninge en bly positief, vrolik en dankbaar.
3) 'Omdat julle respek het vir wat Christus vir julle gedoen het, moet julle aan mekaar onderdanig wees' (vers 21 NLV). Gees-vervulde mense fokus op ander. Hulle weet dat wat jy vir iemand anders laat gebeur, God vir jou sal laat gebeur (sien Efesiërs 6:8).
Sielskos: 2 Sam 7:18-11:27; Joh 4:27-38; Ps 32; Spr 23:29-35
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






