Die Woord vir Vandag

2019-11-14

Sê: 'God seën jou!'

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Numeri 6:27 DB

God se Woord is deurtrek met lewe, wysheid, krag en potensiaal. Toe Hy die wêreld geskep het, het Hy eenvoudig gesê: 'Laat daar wees.' Elke woord wat Hy spreek bevat die mag om te skep. Elke belofte wat Hy maak bevat die saad vir daardie belofte se eie vervulling. Hierdie saad het 'n geskeduleerde seisoen vir vervulling in jou lewe en wanneer hulle met geloofsgevulde gebed water gegee word, terwyl jy vas op die Skrif staan en geduldig op God se tydsberekening wag, kan sy Woord nie misluk nie. Sodra jy hierdie waarheid besef, word die woorde 'God seën jou,' gewigtige woorde! Deur hulle te spreek, stel jy God se seën in jou lewe vry. '...As [jy] dit so doen, sal Ek sorg dat dit met hulle goed gaan.' As jy dus jou geliefdes wil seën, moet jy hierdie woorde van seën oor hulle uitspreek: 'Die Here sal vir jou goed wees en vir jou sorg. Die Here sal jou raaksien en vir jou sy liefde gee. Die Here sal jou goedgesind wees en vir jou voorspoed gee' (verse 24-26 NLV). Deur iemand te vra: 'Hoe gaan dit met jou' is 'n uitdrukking van hoflikeid en sorgsaamheid. Wanneer jy sê: 'Ek hoop jy het 'n lekker dag,' bedoel jy dit opreg. Wanneer jy egter sê: 'God seën jou,' en die Skriftuurlike waarheid agter daardie woorde verstaan, kan God se seën daardie persoon se lewe verander! Die skrywer Kate Nowak sê: 'Dit moet 'n gewoonte word, hierdie besigheid om mekaar te seën. Ek het begin besef dat dit een van die kragtigste en praktieste maniere is om weer met mekaar, ons wêreld en die lewe self te konnekteer. Dis die wonderbaarlikse manier moontlik om ons na geluk en sukses toe te lei. 'n Seëning is 'n soete vrymaking van pyn... 'n antieke sleutel tot 'n suksesvolle en vervullende lewe.'

Sielskos: 2 Kro 8-11; Joh 11:17-27; Ps 8; Spr 26:23-26

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background