Die Woord vir Vandag

2019-11-28

Neem verantwoordelikheid en risiko's (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Habakuk 2:3 NLV

Een sendeling evangelis skryf: 'Daar is tye en seisoene in God se wil. Ons kan maklik gefrustreerd raak as ons nie verstaan dat daar, net soos wat daar in die natuur tye en seisoene is, ook tye en seisoene in die proses om God se wil vir ons lewens te vervul, is nie. Jare gelede het 'n groep senior sendelinge bymekaar gekom om die lewensbeginsels wat hulle ontdek het te bespreek. Hulle doelwit was om hierdie rykdom van ervarings met die nageslagte wat hulle sou opvolg, te deel. Hulle het almal ooreenstemmende oorgangsvlakke in hulle bedieninge gevind en saam het hulle 'n vyf-stap sikliese proses geïdentifiseer waardeur God hulle geneem het.' Tydsberekening is belangrik! Toe die grootkoppe by Decca Records vir die Beatles gesê het: 'Groepe met kitare is op pad uit,' het hulle 'n kontrak met EMI geteken - en die res is geskiedenis! Moenie die les hierin misloop nie. Elkeen van ons is op aarde as opsigter van God se besigheid geplaas. Dis waar, of jy nou 'n skoonmaker of 'n regter is. Jy het 'n taak in die lewe gekry en is verantwoordelik om dit te versorg, te belê, te vermeerder en dit terug aan God te besorg. Deur eenvoudig te sê: 'Ek was bang om te misluk,' of 'Ek was bang om gekritiseer te word,' of 'Ek het nie gedink dat ek goed genoeg is nie,' sal nie werk nie. Soos Ralph Waldo Emerson gesê het: 'Verskonings vervang altyd vooruitgang.' God sal jou pogings en foute aanvaar, maar Hy sal nie jou verskonings hoekom jy nie probeer het nie, aanvaar nie. Bid dus, aanvaar verantwoordelikheid en tree in geloof op. Jy mag dalk talle kere op jou pad na sukses misluk, maar as jy aanhou probeer en God vertrou, sal jy uiteindelik sukses behaal.

Sielskos: Jos 8:30-10:43; Joh 14:26-15:4; Ps 146; Spr 28:9-12

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background