Die Woord vir Vandag

2019-12-02

Ontdek God se wil (1)

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Romeine 12:2 NLV

Daar word 'n verhaal vertel van 'n man wat op 'n pragtige plaas gewoon het. Toe hy oorlede is, is die plaas, wat al 200 jaar in sy familie se besit was, aan een van die bure verkoop. Een dag, toe die nuwe eienaar in die veld geloop het, het hy 'n snaakse klip gesien wat uit die grond uitsteek. Hy het die klip huis toe geneem, dit gewas en dit na 'n juwelierswinkel geneem. Die juwelier het bevestig wat die eienaar reeds vermoed het. Die ou klip, wat al vir duisende jare in die veld begrawe was, was 'n groot, ongeslypte smarag wat miljoene rande werd was. Hierdie edelsteen het al die jare in die veld gelê en net gewag vir iemand om verby te kom en dit te ontdek. Deur die jare het mense honderde kere verby dit geloop en dit misgekyk, omdat dit na niks meer as 'n ou tuinklip gelyk het nie. Wanneer ons iets 'ontdek', vind ons eintlik iets wat reeds bestaan, selfs al is ons onbewus daarvan. Terwyl baie van ons God se wil vir ons lewens soek, is dit wat ons soek dikwels reg onder ons neuse, omdat ons dit nie herken nie. Om 'n kosbare steen te herken, moet jy bekend wees met sy karaktereienskappe en weet waarvoor om op te let. Net so moet jy volgens die Skrif lewe om God se wil te herken: 'Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.' Dit beteken dat jy kwaliteit tyd moet spandeer terwyl jy jou Bybel lees en met die Skrywer daarvan gesels en na Hom luister.

Sielskos: Jos 16:1-19:23; Joh 16:1-11; Ps 130; Spr 28:21-24

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background