Die Woord vir Vandag

2019-12-06

Jou tyd het aangebreek

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Ester 4:14 NLV

Ester het haar bediening as tienermeisie begin. Toe sy die woorde van Mordegai hoor - '...Wie weet, of dit nie miskien juis met die oog op 'n tyd soos hierdie is dat jy koningin geword het nie!' - kon sy maklik gesê het: 'Gee my tyd om groot te word, te trou, kinders te kry en my drome te vervul voor jy my vra om my lewe op die spel te plaas om die Joodse volk te red.' Sy het dit egter nie gedoen nie. Sy het gesê: '...Al is dit in stryd met die wette sal ek na die koning toe gaan. As ek dan daarvoor moet sterf, moet ek maar sterf' (vers 16 NLV). Dikwels is dit wat God in jou doen terwyl jy wag, belangriker as dit waarvoor jy wag. Soms dink jy jy is gereed, maar God weet jy is nie, daarom plaas Hy jou in die skool van geloof. Dis daar waar jy leer om na die onderwyser (die Heilige Gees) te luister, jou lesse te leer, die toetse te slaag en graad te ontvang sodat God jou kan gebruik. Dis nie 'n gemaklike plek om te wees nie, maar God is meer in jou karakter as in jou gemak geïnteresseerd. Die sendeling Nancy Cockrell skryf: 'Dit was al die tyd God se plan om jou tot hier te bring om Hom te dien, deur jou gawes te gebruik om ander te bedien. Hy het jou die genade gegee om op die liefde en karakter van Christus te reflekteer, om 'n lig in 'n donker wêreld te wees. Jy het 'n unieke plek van diens in God se koninkryk, waar jy lewens aanraak soos net jy kan - alles vir 'n tyd soos hierdie.' Die vraag is dus: Sê God vandag vir jou dat jou tyd aangebreek het?

Sielskos: Kol 3-4; Filemon; Joh 17:13-26; Ps 148:1-6; Spr 29:11-15

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background