Die Woord vir Vandag
2019-12-07
Hou vas aan die woord wat jy ontvang het
Geskryf deur Bob and Debby Gass
In die gelykenis van die saaier, het Jesus gesê: 'Hulle by wie die saad op die voetpaadjie val, staan vir die mense wat die boodskap hoor, maar dan kom Satan onmiddellik en vat die woord wat op hulle lewens gesaai is, weg.' Het jy al ooit agtergekom hoe jy by die huis 'n twee-uur lange aksietreffer kan kyk sonder om rusteloos of verveeld te voel, maar wanneer die pastoor se preek langer as dertig of veertig minute aanhou, begin jy op jou horlosie kyk en kan nie wag om uit die kerk uit te kom nie? As iemand jou dan die volgende dag vra waaroor die preek gegaan het, sal jy dikwels nie vir hulle kan sê nie. Jesus het gesê: '...Satan [kom] onmiddellik en vat die woord... weg.' Hoe kan jy dit dus behou? 1) Skryf dit neer (sien Eksodus 17:14 NLV) Wanneer jy notas maak van dit wat jy lees en hoor, sal jy meer onthou, dit sal meer impak maak en jy sal meer daaruit kry. 2) Bid daaroor. Tensy jy oor die Woord wat jy hoor bid, sal jy aanhou om na kerk onveranderd by die huis te kom. Baie van die groot heiliges in die ou tyd het die Bybel op hulle knieë deurgelees. Jy moet dit ook probeer! 3) Bespreek dit met ander. God se Woord is soos 'n saad wat vermenigvuldig en groei wanneer dit water, deur gesprekke met ander mense wat jou geloof deel, kry. Die Bybel sê: 'Die mense wat die Here dien, het toe met mekaar gepraat. Die Here het na hulle geluister en gehoor wat hulle sê...' (Maleagi 3:16 NLV). 4) Beoefen dit daagliks. Die beste manier om God se Woord te behou, is om daagliks sy beginsels uit te leef!
Sielskos: Neh 1-4; Joh 18:1-11; Ps 148:7-14; Spr 29:16-21
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







