Die Woord vir Vandag

2019-12-24

Kersfeessimbole

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Efesiërs 1:7 NLV

Deesdae probeer sommige mense om enige publieke verwysing na Jesus oor die Kersfeestyd te verwyder, terwyl ander mense lyk of hulle dit heeltemal sekulêr probeer maak. Kom ons kyk dus na die betekenis van sommige van die Kersfeessimbole. Daar word geglo dat die klein hulsbessies Christene oorspronklik aan die druppels van Christus se bloed wat deur die doringkroon wat Hy op Golgota gedra het veroorsaak is, herinner het. Die immergroen boom verwys na die belofte van 'n ewige lewe as gevolg van sy opstanding. Die Keltiese kruis het 'n sirkel wat die kruising van die vertikale en horisontale asse van die kruis omring. Sommige mense glo dat dit by St Patrick ontstaan het. St Patrick het 'n Christelike kruis oor die ronde simbool van die maangodin geteken - om sodoende 'n druïdiese simbool in 'n nuwe simbool vir die Ierse Christendom te verander. Op dieselfde manier wat St Patrick 'n heidense simbool geneem het en nuwe betekenis daaraan gegee het, so het ander Christene die immergroen krans geneem en nuwe betekenis daaraan gegee. Die immergroen krans is gebruik toe die vroeë Christene die Romeinse wintersonstilstand wat die hergeboorte van die son gevier het (oorspronklik op 21 Desember), in 'n viering van die geboorte van die 'Seun van Geregtigheid,' verander het. In plaas daarvan om nou net 'n versiering te wees, herinner die ronde Kersfeeskrans ons nou aan die nimmereindigende eenheid en gemeenskap wat ons met God deur Christus het. Wanneer jy dus hierdie Kersfees 'n krans op jou deur of bo jou kaggel hang, herinner jouself dat niks '....ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie' (Romeine 8:39 NLV).

Sielskos: 1 Kor 7-9; Matt 1:17; Ps 97; Spr 31:22-24

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background