Die Woord vir Vandag
2026-05-29
God werk in jou, met jou en deur jou
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Net voor Hy in hegtenis geneem en na die kruis geneem is, het Jesus gebid: 'Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, en Ek sal dit verder bekend maak, sodat die liefde wat U aan My bewys het, in hulle kan wees en Ek ook in hulle.' Wanneer dit by die erkenning van en reaksie op God se teenwoordigheid in ons lewens kom, sê die Christelike skrywer John Ortberg dat hy volgens hierdie twaalf waarhede leef:
1) God is altyd teenwoordig en aktief in my lewe, of ek Hom nou sien of nie.
2) Om God se teenwoordigheid te herken en te ervaar, is aangeleerde gedrag; ek kan dit kweek.
3) My werk is om God in hierdie oomblik te ontmoet.
4) Ek is altyd in die versoeking om 'buite' hierdie oomblik te leef. Wanneer ek dit doen, verloor ek my aanvoeling van God se teenwoordigheid.
5) Soms lyk God ver weg om redes wat ek nie verstaan nie. Daardie oomblikke is ook geleenthede om te leer.
6) Wanneer ek misluk, kan ek altyd dadelik weer begin.
7) Niemand weet die volle mate waarin 'n mens God se teenwoordigheid kan ervaar nie.
8) My begeerte na God eb en vloei, maar sy begeerte na my is konstant.
9) Elke gedagte dra 'n 'geestelike lading' wat my 'n bietjie nader aan of 'n bietjie verder van God af beweeg.
10) Elke aspek van my lewe - werk, verhoudings, stokperdjies en bewegings - is vir God van belang.
11) My pad om God se teenwoordigheid te ervaar, sal nie presies soos iemand anders s'n lyk nie.
12) Dit help nie om te hard te probeer nie.
Die woord vir jou vandag is dus - God werk in jou, met jou en deur jou!
Sielskos: Klaag 1:1-3:39; Matt 13:47-58; Ps 113; Spr 14:1-4
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za




