Die Woord vir Vandag
2026-08-07
Hoe om woede vir jou te laat werk (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Jy kan woede gebruik om die band en intimiteit tussen jou en jou eggenoot te verdiep. 'n Mens doen dit as volg:
1) Erken die woede. 'n Persoon wat deur woede beheer word, is nie veilig, gesond of wys nie. 'Iemand wat homself nie in bedwang kan hou nie, is soos 'n stad sonder 'n muur wat beskerming bied' (Spreuke 25:28 NLV). As jy en jou eggenoot kan leer om woede te beheer, in plaas daarvan om deur dit beheer te word, kan dit van onskatbare waarde wees. Vind 'n manier om julle gevoelens te erken. As jy sukkel om jou woede te beheer, neem eers 'n tree terug en word kalm. Kom dan terug en hanteer die probleem.
2) Moenie weghardloop nie. As jy werklik in gevaar is, moet jy na veiligheid vlug. As jy egter nie in gevaar is nie, sal jy julle beide se gevoelens bevestig deur te bly en die probleem met jou eggenoot te bespreek. Dis die enigste manier om 'n oplossing te kry. Besluit om julle kwessies te hanteer wanneer julle kwaad raak.
Julle moet dalk 'n tyd afspreek om dit te doen as julle nie dadelik kan nie, maar moenie te lank wag nie. Probeer ten minste om die probleem aan te spreek voor julle daardie aand gaan slaap. Julle mag dalk nie 'n oplossing vir die hele probleem vind nie, maar kom ooreen om die situasie te ontlont voor die dag verby is. '...Moenie tot die aand toe kwaad bly, en die duiwel so 'n houvas gee nie' (Efesiërs 4:26-27 NLV). Indien nodig, maak 'n tyd vas om die probleem aan te spreek. Julle verdien dit albei, en julle huwelik is dit werd.
Sielskos: 1 Kro 23:21-26:19; Mark 4:13-25; Ps 119:17-24; Spr 20:22-24
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







