Die Woord vir Vandag

2026-08-09

Praat die waarheid

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Spreuke 12:22 NLV

Rosalie Elliot het die vierde rondte van 'n nasionale spelkompetisie in Washington DC, gehaal. Die elfjarige van Suid-Carolina is gevra om die woord 'avowal' te spel. In haar sagte suidelike aksent het sy die woord gespel, maar die beoordelaars kon nie besluit of sy 'n a of 'n e as die voorlaaste letter gebruik het nie. Hulle het vir 'n paar minute onder mekaar gedebatteer terwyl hulle na die opname geluister het, maar die aksent was te vaag om te ontsyfer. Uiteindelik het die hoofbeoordelaar die vraag aan die enigste persoon wat die antwoord geken het, gestel. 'Was die letter 'n a, of was dit 'n e?' het hy vir Rosalie gevra.

Teen hierdie tyd, omring deur die ander jong deelnemers wat onder mekaar gefluister het, het Rosalie die korrekte spelling van die woord geken. Tog het sy sonder aarseling geantwoord dat sy die woord verkeerd gespel het en van die verhoog af geloop. Die hele gehoor, insluitend sowat vyftig koerantverslaggewers, het opgestaan en haar toegejuig. Dit was 'n trotse oomblik vir haar ouers. Selfs in die nederlaag was sy 'n oorwinnaar. Daar is inderdaad meer oor Rosalie Elliot as oor die kind wat die kompetisie op die ou einde gewen het, geskryf!

As 'n verloste kind van God, vereis jou hemelse Vader eerlikheid in woord en daad. 'Die waarheid hou vir altyd; die leuen kom gou aan die lig' (Spreuke 12:19 NLV). 'Moenie vir mekaar lieg nie. Julle het mos die vorige mens en sy leefstyl soos klere uitgetrek' (Kolossense 3:9 NLV). 'Gevolglik moet julle ophou leuens vertel en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam' (Efesiërs 4:25 NLV).

Sielskos: Gen 22:14; Ps 37:25; Joh 3:16-17

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background