Die Woord vir Vandag
2026-08-19
Jy kan jou probleme oorkom
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Vandag se probleem is nie noodwendig môre se probleem nie. Weerstaan die versoeking om jouself te etiketteer: 'Ek is nou maar net 'n kommerkous.' 'My swakheid is nou maar een maal om te skinder.' 'My pa was 'n drinker; ek sit maar net die tradisie voort.' Hou op daarmee! Hierdie woorde skep bondgenootskappe met die duiwel. Dit gee hom toegang tot jou gees. Dit is nie God se wil dat jy 'n verslane, ongelukkige lewe moet lei nie.
Draai 'n dowe oor vir die ou stemme en maak nuwe keuses. "'n Pragtige plek is vir my afgemeet. Wat ek geërf het, is vir my mooi!" (Psalm 16:6 NLV). Leef uit jou erfenis, nie uit jou omstandighede nie. God het jou reeds oorwinning belowe en jou van wapens vir die stryd voorsien. 'Ons leef wel in 'n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie. Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig... (2 Korintiërs 10:3-4 NLV).
Hoe het Josua Jerigo verower? Deur God se strategie te gebruik: '...Dra die ark van die verbond. Laat sewe priesters elkeen met 'n ramshoring voor die ark van die Here loop' (Josua 6:6 NLV). Die verbondsark was die simbool van God se teenwoordigheid. Josua het dit in die middel van die optog geplaas. Elke aktiwiteit het om God gewentel.
Die geheim van oorwinning is om God sentraal in jou lewe te hou deur die wapens van aanbidding - die Skrif en gebed - te gebruik. Gebruik elke instrument wat God bied: Memoriseer die Skrif en pleit by God. Skakel die TV af en maak die Bybel meer gereeld oop. Bekommer jou minder en bid meer. Jy kan jou probleme oorkom deur daagliks op die teenwoordigheid van God staat te maak.
Sielskos: 2 Kro 29-31; Mark 7:1-13; Ps 119:97-104; Spr 21:24-27
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







