Die Woord vir Vandag
2026-08-22
Bid vir wysheid
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Hier is Paulus se gebed vir die kerk in Efese: '...dat die God van ons Here Jesus Christus... aan julle geestelike wysheid en insig sal gee...' (Efesiërs 1:17 NLV). Vir die kerk in Kolosse het hy gevra dat God '...geestelike wysheid en insig aan julle sal gee sodat julle heeltemal seker sal wees van wat Hy wil hê' (Kolossense 1:9 NLV). Jakobus het geskryf: 'Vra vir God as jy nie kan agterkom wat Hy wil hê jy moet doen nie. Hy sal jou eenvoudig daardie wysheid gee. Maar, as 'n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord...' (Jakobus 1:5-6 NLV).
Hoe kan jy weet dat die wysheid waarin jy wandel, van God af kom? 'Maar as 'n mens leef soos God dit in sy wysheid bedoel het, sal jou lewe heeltemal anders lyk. Dit sal 'n lewe wees waarop die sonde geen houvas het nie. So iemand sal in vrede met ander mense saamleef...' (Jakobus 3:17 DB). Toe die jong Salomo die troon van Israel bestyg het, het God hom gevra: '...Wat wil jy hê?..' (1 Konings 3:5 NLV). Salomo het geantwoord: "'Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer...' Die Here was tevrede met Salomo se antwoord..." (1 Konings 3:9-10 NLV).
Salomo het bekendheid as een van die wysste manne wat ooit geleef het, verwerf en hy het drie van die boeke in die Bybel geskryf. Die God wat vir hom wysheid gegee het, sal dit ook vir jou gee. Al wat jy hoef te doen is om daarvoor te bid en jou hart en verstand vir sy Woord oop te maak.
Sielskos: 1 Joh 1:1-3:10; Mark 8:1-13; Ps 119:121-128; Spr 22:4-7
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za







