Die Woord vir Vandag
2019-06-07
Maniere om veerkragtigheid te ontwikkel
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Soos enige vaardigheid, kan verstandelike, emosionele en geestelike veerkragtigheid aangeleer word. Hier is hoe jy dit doen: 1) Herdefinieer terugslae as die deurgang na iets beters. 2) Onthou dat suksesvolle mense nie net voor teëspoed te staan kom nie, maar dat hulle dit waardeer. 3) Sny die kritiek uit en fokus daarop om jou beste te doen. 4) Word elke oggend wakker met die wete dat gebed en dankbaarheid 'n vrugbare omgewing vir geloof kweek. 5) Hou aan jou geloof vas wanneer jy bang is. 6) Leer uit mislukkings en onthou hoeveel keer jy al sukses behaal het. 7) Visualiseer oorwinning voor jy die stryd betree. 8) Weier om aan die verlede of bekommernis oor die toekoms vas te klou; vandag is waar jy die grootste invloed het. 9) Identifiseer 'n oplossing, eerder as om te kla. 10) Vervang twyfel met geloof. 11) Wanneer dinge hopeloos lyk, onthou '...Alles is by God moontlik!' (Markus 10:27 NLV). 12) Wanneer jy eensaam voel, dink aan al die mense wat jou al gehelp het en wat vir jou lief is en jou ondersteun. 13) Bid vir leiding wanneer jy voel of jy besig is om te verdrink (sien Jakobus 1:5). 14) Rus wanneer jy moeg is, maar moenie tou opgooi nie. Maak klaar waarmee jy begin het. 15) Onthou dat jy '...onder alle omstandighede [kan] regkom deur Hom wat [jou] krag gee' (Filippense 4:13 NLV). 16) Weet wat jy nie kan beheer nie, fokus op dit wat jy kan en gee die res aan God oor. 17) Oefen fisies om depressie te beveg. 18) Lag om stres te verminder, jou immuunstelsel te versterk en jou bloeddruk te verbeter. 19) Wees dankbaar. Navorsing wys dat mense wat 'n brief of 'n epos stuur om iemand te bedank wat hulle gehelp het, vir tot 'n maand lank in 'n beter bui is.
Sielskos: 2 Kon 10-12; Mark 12:28-44; Ps 132:11-18; Spr 13:7-8
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






