Die Woord vir Vandag
2021-12-21
Hanteer jou finansies met wysheid (1)
Geskryf deur Bob and Debby Gass
Daar is ongeveer vyfhonderd Bybelverse wat oor gebed handel en meer as tweeduisend verse wat handel oor hoe om geld en besittings te hanteer. Dit is nie verrassend om te hoor dat kwessies oor geld dikwels die rede is hoekom mense skei nie. Daar is ook 'n goeie rede hiervoor: geld en stres gaan dikwels met mekaar gepaard. Die Bybel sê: 'Dit is die Here se seën wat rykdom bring...'
Nie net verwag God van ons om geld te maak nie, maar wanneer ons Hom eer, sal Hy ons help op meer te maak. Daar is egter 'n regte en 'n verkeerde manier om dit te doen. Die Bybel leer ons dat geld deur harde werk bekom moet word. 'Mense wat lui is, word gou arm. Hulle wat fluks is, word ryk' (Spreuke 10:4 NLV). 'Rykdom wat maklik kom, verdwyn net so maklik. Wie bietjie vir bietjie bymekaarmaak, het naderhand baie' (Spreuke 13:11 NLV).
God verwag van ons om te werk, net soos Hy van diegene in bestuursposisies verwag om 'n goeie dagloon te betaal. Werkers help die bestuur om 'n wins te maak, terwyl die bestuur werkers help om 'n salaris te ontvang. 'n Wins wat deur harde werk verdien is en 'n salaris wat eerlik verdien is, behaag die Here. Jou geld moet egter deur eerlike werk bekom word. 'Wie arm mense veronreg om homself te verryk, of vir die rykes geskenke gee, sal self in armoede verval' (Spreuke 22:16 NLV). Dit is 'n waarskuwing aan diegene wat mense indoen deur buitensporige rentekoerse te hef. Die Boodskap parafraseer dit as volg: 'Die Here haat dubbele standaarde. Besighede wat mense kul of minderwaardige produkte verkoop, is vir die Here 'n gruwel' (Spreuke 20:10 DB).
God stel dit duidelik: Wenners kul nooit, en Hy sal seker maak dat verkullers nooit wen nie!
Sielskos: Sag 12-14; Joh 21:15-25; Ps 47; Spr 31:6-9
Skakels na Bybelverse: Holy Bible
Eerste Rekord | Vorige Rekord | Volgende Rekord | Laaste Rekord
Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseΓ«n het by gospel@radiokansel.co.za






