Die Woord vir Vandag

2019-09-01

Laat reg geskied, bewys liefde en trou, leef nederig

Geskryf deur Bob and Debby Gass

Miga 6:8 NLV

Die profeet Miga het gevra: 'As 'n mens kom om die Here te aanbid, wat moet jy saambring? Moet ons God aanbid deur jaaroud kalwers te offer? Sal dit vir die Here aanvaarbaar wees as ons duisende ramme offer of tienduisend strome olyfolie aanbied? Sal dit Hom bly maak as ons ons oudste kinders offer om te vergoed vir ons sonde?' (verse 6-7 NLV). Voel jy of jy nooit goed genoeg sal wees om God te behaag nie? Lyk godsdiens vir jou soos 'n stel onmoontlik eise wat jou skuldig laat voel en ontwerp is om 'n ver verwyderde godheid te paai wat daarvan hou om ons te laat rondskarrel? Dankie tog vir Miga, wat hierdie idee vir ons uit die weg geruim het deur te sê: 'Nee, Hy het reeds gesê wat reg is...' (vers 8 NLV). Omdat jy verlos is en met God se Gees gevul is, kan jy: 1) Reg laat geskied, selfs wanneer niemand anders dit doen nie. Hoekom? Om jou vrymoedigheid voor God in stand te hou! (sien 1 Johannes 3:21-22). Niks in jou lewe is belangriker as dit nie. 2) Liefde en trou bewys. Jesus het deur die lewe gegaan en mense opgehef. Sy woord vir jou vandag is: '...Ja, gaan nou, en doen dieselfde' (Lukas 10:37 NLV). 3) Nederig voor God lewe. Wanneer God jou bevorder, sal jou grootste uitdaging wees om seker te maak dat Hy al die glorie ontvang. Elke goeie ding wat jy vandag het, is 'n gawe van Hom af; probeer om dit te onthou! Die woord vir jou vandag is dus: '...Die Here verwag van julle om reg te laat geskied, om liefde en trou te bewys, en om nederig voor God te lewe.'

Sielskos: Jona 1:10-2:10; Matt 12:38-42

Skakels na Bybelverse: Holy Bible

Eerste Rekord    |    Vorige Rekord    |    Volgende Rekord    |    Laaste Rekord

Laat weet ons asb gerus indien hierdie Woord jou geseƫn het by gospel@radiokansel.co.za



Current track

Title

Artist

Background