Radiokansel Hemelvaartdiens

Written by on 26 Apr 2021

Ons is baie opgewonde om jou na die Radiokansel Hemelvaartdiens op 13 Mei te nooi. Saam sal ons die Koning van konings vier!

Kliek hier om jou plek te bespreek.

Met winter om die draai, nooi ons jou uit om in ons dankbaarheid deel deur ‘n kombers saam na die Hemelvaartdiens te bring, wat ons aan mense in nood sal skenk. Diegene wat nie die Hemelvaartdiens kan bywoon nie, kan ook ‘n kombers skenk deur dit tussen 5 en 13 Mei na ons kantore te bring.

Skenk ‘n kombers hierdie Winter!

Belangrike Inligting

Ons het beperkte plek vir die Radiokansel Hemelvaartdiens, so ons moedig jou aan om asseblief jou plek so gou moontlik te bespreek.

Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.

Handelinge 1:8
  • Datum: 13 Mei 2021
  • Tyd: 10:00 tot 11:00
  • Plek: Radiokansel kantore, Jacobusstraat 42, Kilner Park, Pretoria, 0186
  • Indien moontlik bring asb jou eie stoel
  • Kontakpersoon: Letsie by 012 334 1284
  • Ingang: Gratis (‘n Dankoffer is baie welkom)

Ds Hermy Damons, Voorsitter van die Radiokansel Raad, sal ‘n spesiale woord van welkoming gee, waarna Ds Karel Verhoef, Hoof Uitvoerende Beampte van Radiokansel, ‘n inleiding sal doen.

Jy kan jou plek aanlyn bespreek deur die aanlyn vorm op ons webblad te voltooi. Diegene wat nie die Hemelvaartdiens bywoon nie, kan inskakel en regstreeks via die volgende platforms luister:

Moet nie vergeet om ‘n kombers te skenk nie! Ons wil almal graag aanmoedig om ‘n kombers by te dra, selfs al woon jy nie die Hemelvaartdiens by nie. Jy kan die komberse na ons kantore in Kilnerpark, Pretoia bring.

Tagged as

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM