Nuwe Voorsitter van die Radiokansel Raad

Written by on 30 October 2020

Dominee Hermy Damons, die nuwe voorsitter van die Radiokansel raad, het vanoggend met ons personeel vergader en ‘n spesiale boodskap van bemoediging gebring.

Meer oor Dominee Damons

Ds Hermy Damons is afkomstig uit die Oos-Kaapse stad Port Elizabeth. Hy is ‘n geordende predikant binne die International Federation of Christian Churches, (IFCC), en was van 1997 tot 2008 ‘n senior mede-pastoor by die Rhema Bible Church, Randburg.

Hy dien tans as voorsitter van die Nasionale Kapelaansraad vir die Veiligheidsdienste, Weermag, Polisie en Korrektiewe Dienste, en hy is ook ‘n lid van die Nasionale Taakspan vir Geestelike Misdaadintervensie vir die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Ds Damons is ‘n lid van die nasionale uitvoerende komitee van die Evangelical Alliance of South Africa (TEASA), en het vir een termyn as vise-president gedien. Hy werk ook nou saam met die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke en het hy ook vir ‘n aantal jare as die amptelike verteenwoordiger van die IFCC by die raad gedien.

Ds Damons dien tans as die direkteur vir ekumeniese betrekkinge binne die Vereniging van Christelike Godsdiensbedienaars, ACRP, die SAQA-geregistreerde professionele liggaam vir Christenbedienaars.

Saam met sy rol as Voorsitter van die Radiokansel Raad, het hy voorheen ook as direkteur in die direksies van Operation Hunger, Rhema Social Services en die Johannesburg Inner City Partnership gedien.

Hy is reeds 23 jaar met sy vrou, Prema, getroud. Hulle het twee seuns, Kyle 20 en Christopher 19.

Die Radiokansel-familie is geëerd om Dominee Damons as die nuwe voorsitter van ons Raad te hê. Ons bid God se seën oor hom en sy gesin toe.

Radiokansel het dominee Karel Verhoef ook onlangs as die nuwe uitvoerende hoof aangestel.


Lees verder

Volgende plasing

Ten Spyte Van


Thumbnail
Current track

Title

Artist

Background