Stel Jou Testament Gratis Op

Written by on 27 Oct 2020

Radiokansel kan jou help om jou Testament gratis op te stel en jy sal ook spaar op boedelbelasting.

Dit is Nasionale Testamente Week en Radiokansel is hier om ons luisteraars by te staan deur inligting te verskaf asook gratis dienste aan te bied.

Suid-Afrika se Testamente Week duur vanaf 26 tot 30 Oktober. Regdeur die week kan jy op die volgende kanale inskakel om na kundiges en verskeie spesialiste te luister. Hulle deel advies oor die opstel van ‘n testament asook ander verwante onderwerpe.

Jou testament spreek van alles wat jou na aan die hart lê – nie net die materiële versorging van diegene naaste aan jou nie, maar ook van jou geestelike waardes. Jy kan jou eie gedenkteken van jou lewenswaardes skep deur ‘n erflating wat hierdie waardes sal voortdra. ‘n Erflating aan Radiokansel kan dit doen.

Indien jy Radiokansel in jou testament wil benoem, is ons tot jou beskikking om jou daarmee te help, sou jy ons die voorreg gee om van jou voorneme kennis te dra, en daardie voorneme uiters vertroulik te hanteer.

Kontak ons nou. Ons is beskikbaar om enige aspek van jou voorgenome erflating te bespreek. Besoek HIERDIE SKAKEL vir meer inligting.

Tagged as

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM