Ten Spyte Van

Written by on 24 Nov 2020

Die uitwerking van COVID-19 op die wêreld is oral sigbaar, of dit nou geestelik, emosioneel of ekonomies is. Saam met Suid-Afrika treur ons hierdie week en dra ons swart armbande. Maar dit is nie waar dit eindig nie! Ten spyte van die moeilike tye sal ons, soos Habbakuk, juig en bly wees in die Here! Saam met jou, versprei ons vlamme van Hoop, loof ons God en verkondig ons Sy goedheid via die luggolwe.

Ons dra nie net swart armbande nie, maar ook oranje om te wys dat ons op Hom vertrou en sal aanhou juig! Alhoewel 2020 vir baie gesinne ‘n moeilike jaar was en talle ondernemings gesukkel het, is ons dankbaar dat ons God getrou in die lewens van mense is. Baie mense wonder waarom hulle hoopvol moet bly.

Al sou die vyeboom nie bot nie en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees, nogtans sal ek in die Here jubel, sal ek juig in God, my Redder.

Habakuk 3:17

Soos vele Suid-Afrikaners, het Radiokansel en Radio Kaapse Kansel gedurende 2020 verskeie terugslae beleef. Ten spyte hiervan sal ons juig in God ons redder! Ons wil Suid-Afrika aanspoor met ‘n boodskap van hoop, wat sal vlam vat in ons land.

Ons het jou hulp nodig om ‘n boodskap van hoop te versprei sodat hierdie Hoop kan vlam vat in jou huis, ons land en verder.

SMS ‘GIVE’ na 37871, gevolg deur die bedrag wat jy wil skenk. Standaard SMS tariewe geld. Jy kan ook gebruik maak van ons aanlyn donasie opsie.

Die impak wat jou bydrae sal maak

Deur by te dra to ons Visiothon, vat jy ons hande en help jy ons om Suid-Afrika met die Woord van God te bereik. Jy hou drie radiostasies op die lug.

  1. Radiokansel 657AM
  2. Radio Kaapse Kansel 729AM
  3. I Am Youth Web Radio
  • Jy help om meer as 250 000 lesers daagliks met die Die Woord vir Vandag en The Word for Today dagstukkies te bemoedig.
  • Meer as 50 000 jeug lesers word daagliks deur die word4u2day dagstukkies bereik.
  • Jy help ons om daagliks ‘n impak op meer as 400 000 Facebook lede via Radiokansel, Radio Kaapse Kansel en I AM Youth web radio se Facebook blaaie te maak. Saam bereik hierdie blaaie meer as 2.5 miljoen mense ‘n maand.
  • Jy besoek ook duisende tieners by skole met die lewegewende Woord van God.
  • Jy help ons om ons digitale teenwoordigheid uit te brei, wat selfs meer mense in Suid-Afrika sal bereik.

Tagged as

Current track

Title

Artist

Background
Radiokansel 657AM