Hemelvaartdiens
Gebeurtenis inligting
| Datum: | 14 May 2026 |
|---|
Besonderhede
Kom woon Radiokansel se jaarlikse Hemelvaartdiens by
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld. Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien.” Handelinge 1:8
Kom eer die Koning bo alle konings en die Heer bo alle here saam met Radiokansel tydens ons Hemelvaartdiens.
Datum: 14 Mei 2026
Tyd: 10:00
Plek: Radiokansel, Jacobusstraat 42, Kilnerpark, Pretoria, 0186
Spreker: Past Müller Crauwkamp
Heerlike warm koffie is te koop by die koffiewaentjie.
Onthou om jou eie stoel te bring.
Toegang is gratis. Offergawes is welkom.
Skakel ook gerus in op Radiokansel 657AM, laai ons slimfoon toepassings af of luister aanlyn na die Hemelvaartdiens.
Kontak vir Letsie vir meer inligting by (012) 334 1284.