Madeleine Venter

Madeleine Venter is ’n gekwalifiseerde onderwyseres met verdere opleiding in Pastorale Berading.

Verskeie van haar kortverhale is in Huisgenoot gepubliseer, en ook in gesamentlike bundels opgeneem. Van haar gedigte is in gesamentlike bundels en op LitNet se poësieblad gepubliseer. Haar kortverhaal, Die laaste diamant is in LitNet en die Langenhoven Gedenkfonds se wetenskapfiksiekompetisie as derdepryswenner aangewys.

In die 2023 RSG radiodramakompetisie, word haar radiodrama, Taaispul, as derdepryswenner aangewys. Madeleine skryf gereelde oordenkings vir Christian Literature Fund (CLF). Een van haar ander kortverhale, ‘n Gewone engel, is opgeneem in die kortvehaalbundel, Stories vir die siel, wat uitgegee word deur LUCA – ‘n druknaam van LAPA Uitgewers.

Luister na Madeleine elke  Vrydag tussen 9:00 en 11:00 vir haar program Die Christen Reis.



Current track

Title

Artist

Background